Vinkel & Koljander Guest Flat

Welkom by ons webblaai! 

In September 2006 het ons Suid Afrika verruil vir Nieu Zeeland.  Hier aangekom het ons het 'n wonderlike groep Suid-Afrikaners ontmoet wat ons die eerste paar weke gehelp met met meubels en ander benodighede waarmee ons 'n gedeeltelike gemeubelleerde huis mee kon opsit. 

Daar het ons toe die idee vir Vinkel & Koljander gekry.  Ons wil graag ander mense help, want ons kan verstaan dat mense heeltemal van voor af 'n nuwe lewe hier moet bou.  

Ons passie is om mense te help en wil dus 'n basis skep vir die mense wat die transisie vanaf Suid Afrika na Nieu Zeeland maak.  Hierdie plek is dus 'n  nuwe "huis weg van die huis af".

Wat kan ons julle bied?

Dit is 'n ruim, ten volle toegeruste woonstel, met genoeg slaapplek vir 2 volwassenes en 2 klein kinders.  Handdoeke en linne word verskaf.  Die selfsorg eenheid is in 'n stil omgewing en 10 minute se loop van publieke vervoer af en so 15 minute se ry van die middestad af. 

Hoofslaapkamer

Woonkamer

Kombuis

{ParagraphsSidebar}