rook en geniet

rook en geniet

 

 

daggaresepte vir 'n groen generasie, in die vorm van 'n gratis kookgids

Site Navigation    

 Home

 druk so jou gids

 wie is skrywer + ander sê

 english intro

 ReG1-19

 ReG2-20

 blaas jou woorde uit

 die knoop

 
 
 

welkom sawubona dumela welcome

[Omdat dit gratis is, kan jy ’n mooi gebaar maak – skenk geld vir wesies, Vigs-navorsing of die omgewing. Honderde organisasies kan doen met liefde.

] En asb: moenie vir ewig in dié kuberhuis rondhang nie. Lees verder, druk die gids uit en hamba. Beter nog, kopieer direk ReG1 en ReG2 op jou rekenaar. Daar's mense wat wag, die website is op THC.



Kan jy jou sativa L, indica en ruderalis van mekaar onderskei? Ken jy die botaniese ubabamkhulu van die Cannabis-genus? En weet jy hoe om THC uit dagga te tower om disse vir fees-feë te ontwerp?
Welkom dan by Rook en Geniet ®: ’n parmantige eerste vir Afrika se groen generasie. ’n Resepteboek wat bestanddeel D weer volwaardige lid van spysenieringswêreld maak. Wat aan haar die respek betoon wat sy verdien.
Met iets vir almal, van vegetariese feta, pizza en mopanie wurms tot bobotie, nageregte en koffie. Intensief nagevors om in detail voornemende beginner-sjefs op die pad te lei. En dan vir die wolwe te voer.
Lees ook meer oor die kannabotter-rebelle, vind uit waarom oumagrootjie se daggatee ’n mite is en leer hoe om die gevurkte kruid op haar naam te noem in Mandaryns.
Ontdek boonop die “lang pad na daggakrasie” met sy legendariese Hoëveld, die heilige graal van ons voorouer-geeste. En snap uiteindelik waarom CBD nie net vir Central Business District staan nie.
Rook en Geniet blaas die rook uit die leser se oë en vuur jou aan om agter die pot in te skuif. Dis nou of nooit.


Waarskuwing: Publikasie bevat tong-in-die-kies-skrywery met tekens van ironie, sarkasme en gebrek aan talent. Enige ooreenkoms met enige persoon, dier of plant lewendig, dood, wettig of onwettig, is blote toeval. Die samesteller, uitgewer en ongemagtigde kopieerders (ons weet wie julle tsotsies is) neem geen verantwoordelikheid en ontken enige aanspreeklikheid vir enigiets wat mag voortspruit uit die lees van of vrees vir hierdie gids. Slegs vir volwassenes. Dis al. Genuine.


Alle regte voorbehou. eerste uitgawe 2005. ISBN  7-13-12-14-23 Kopiereg berus by rane Afrika, Veldsondergras, raneafrika@yahoo.com  vir lof, kritiek, nuwe resepte en algemene tandeknersery.
 ISO 23-97410    Hopelik op herwinde papier gedruk.         pRysloos.00



dieknoop se duisende lyne

http://www.dieknoop.co.za.



 

Make a free website at Freewebs.com 

kopiereg berus by rane afrika