|
|
Neem terug jou lewe! Verseker jou toekoms: A) Kies die regte opsie en verkort jou verbandbetalingsperiode drasties! B) Geen skuld is bereikbaar in die afsienbare toekoms. (NIE oor 20 jaar NIE) C) Genoeg in die bank wanneer jy aftree om van te léwe.
realiteite en ekonomiese selfbemagtiging maak dit sin om geld by 'n bank teen rentekoerse van tot 23% te leen en dit dan by 'n ander finansiële instelling teen opbrengskoerse van maksimum 9% te belê? Heel waarskynlik nie. Tog is dit juis wat die meerderheid Suid-Afrikaners doen. Mense leen rojaal geld by banke en ander instellings om huisverbande en motors mee te finansier. In baie gevalle word ook nog gebruik gemaak van oortrokke rekeninge, kredietkaarte en persoonlike lenings vir daaglikse kontantbehoeftes. Rente veroorsaak in baie gevalle dat mense verder skuld moet maak om bestaande skuld te delg. Ten spyte van die skuldsituasie spandeer Suid-Afrikaners tot 15% van hul besteebare inkomste aan kontraktueele besparings soos annuïteite, aftreefondse, uitkeerpolisse en ander soortgelyke beleggingsinstrumente. Min is egter bewus van die werklike opbrengste wat hul op hierdie 'spaargeld' verdien. Huishoudings se besteding neem baie vinniger toe as wat hul besteebare inkomste toeneem. Dit beteken in die meeste gevalle 'n toename in skuld. Meer en meer huishoudings is vasgevang in 'n verlammende kringloop van skuld waaruit hulle moeilik kan wegbreek. Die eerste stap om ons ekonomies self te bemagtig, is om uit hierdie greep los te breek en dit moet so spoedig moontlik plaasvind terwyl die geleentheid hom voordoen.
Die afgelope 25 jaar was 'n groot sukses vir versekeraars en banke. Die polishouer het egter nie noodwendig gedeel in die sukses nie. Is u bewus van die volgende feite? Het u makelaar u al ooit oor hierdie feite ingelig? Tereg het Appèlregter Schuts in die appèlhofsaak van Durr vs ABSA die volgende opmerking gemaak: "...hoë kommissie skep 'n versoeking". Makelaars word soms só beïnvloed om iets aan te beveel wat objektief gesproke nie die beste vir hul kliënte inhou nie. Dit maak vir niemand sin om advies te gee wat sy eie inkomste kan verlaag nie. AS DIE FINANSIËLE SISTEME VOU, WORD BATES OPGEëIS OM SKULD TE DELG Die
meegaande grafiek toon baie duidelik dat Suid-Afrikaners bykans
net soveel skuld aangaan as wat hulle bespaar. Dit impliseer dat
besparing uit skuld gedoen word. Indien rentekoerse op skuld hoër is as opbrengste op beleggings (soos tans in Suid-Afrika) sal dit sin maak om nie beleggings uit skuldbronne te finansier nie. Indien daarmee voortgegaan word sal dit oor die langer termyn tot verarming lei aangesien ons in effek onsself bankrot spaar! Oor 'n verbandtermyn van 20 jaar betaal Suid-Afrikaners vir hul huise tot 4 maal die aankoopsprys. Daarvan word gemiddeld 15 jaar lank aan rente alleen afbetaal. Dieselfde verhouding geld vir kleiner skuldbedrae soos persoonlike lenings en ander finansiering. Die beste belegging is dus om skuld gou af te betaal.
'n Ander dilemma is besig om te ontvou. Die finansiële sisteme wat grootliks op papierbates berus, wankel reeds. Selfs banke en versekeringsmaatskappyespring dit nie vry nie Van 2000 tot 2003 is ongeveer $11 triljoen se markwaardes op aandelebeurse uitgewis wat die eerste tekens van 'n groter finansiële inploffing aandui. In so 'n geval kan onderliggende polisportefeuljes wat hoofsaaklik op aandelemarkte belê word, ernstig geknou word. Behalwe vir aftreevoorsiening wat in gedrang kom, is die sekuriteite waarop vertrou word om skuld mee te delg, grootliks in gevaar. Wie gaan u skuld afskryf indien dit gebeur? As die finansiële sisteme vou, word alle moontlike bates opgeëis om skuld mee te delg totdat elke sent skuld wat u handtekening dra, verhaal is. Banke en versekeraars wat tans die grootste bron van advies aan kliënte uitmaak, kan nie objektief hulle kliënte se situasies aanspreek nie. Die banke wil graag meer uitleen en die versekeraars wil premies verhoog. realiteite oor polisse & skuld
Is u onwetend besig om uself bankrot te spaar?
Die afgelope 25 jaar was 'n groot sukses vir versekeraars en banke. Is u bewus van die voorgaande feite? Dit maak vir niemand sin om advies te gee wat sy eie inkomste kan verlaag nie.
TEN SLOTTE Ons wil graag wys op die relevansie van die volgende uit Finansies & Tegniek (15/07/94): “ Een ding is seker, hoe swakker persoonlike finansiële beplanning is wat individue kry, hoe swakker gaan Suid-Afrika se Nasionale rekening oor 'n paar jaar lyk. Ondanks verbintenisse deur aandeelhouding tussen banke, versekeraars en hul makelaars lyk dit of sommige beplanners nie die geheelbeeld (wil) raaksien nie.” Noudat jy die agtergrondfeite het, is die volgende stap ‘n ondersoek van jou persoonlike finansies om vir jouself opsies daar te stel. Met keuses kan jy jou toekoms in eie hande neem en sorg dat dit rooskleurig is, nie swart nie.
Met ons doelgerigte internetprogram, kan ontledings enige plek in die wêreld gedoen word. Ons bied graag hierdie bevrydingsmodel aan kliënte. Vir meer inligting of konsultasie: Kobus de Kock Sel: 072 320 2752 Tel: (012) 548 6227 Faks: (012) 548 6227 (Vra) E-pos: kobusk@lantic.net
In samewerking met: RBK Batebestuur en Xodus Goud Koöperasie Beperk
|