Welkom
by my webwerf
Teken asb. my gasteboek
Jy het nie nodig om jou epos of enige persoonlike inligting in te sit nie want ek stuur nie advertensies en 'las pos' uit nie.
Ek wil maar net sien wie besoek my webwerf.
Ek woon in Kanada en iets wat ons hier beleef het is die belangstelling van die Hollanders hier in Afrikaans. Hulle besoek gereeld Afrikaanse webwerwe en se dis maklik om te lees en heeltemal verstaanbaar. Dis so lekker as mens met hulle praat en jy besef die ooreenkoms tussen die twee tale, veral as hulle jou niggie en neef noem. Miskien is dit net die verlange na mens se eie mense wat maak dat jy vergelykings oral soek
Vir die wat in Suid Afrka agtergebly het, lig ek my hoed want julle het moed en uithou vermoe.Vir die wat in die buiteland is wil ek sterkte toewens want dis nie aldag maklik nie. Onthou ons is boere en niks is te erg vir ons nie. Suid Afrika en sy mense bly ons altyd na an die hart en ons gebede is vir `n veilige en beter toekoms in die land.
Ons het so `n lieflike taal dat ek voel ons moet dit sterkhou al bly meeste van ons in die buiteland, sodoende sal dit nooit uitsterf nie.